Original Research

Bloot ’n vrees vir verval? ’n Mentaliteitsgeskiedenis van die kragonder- brekings in Suid-Afrika, Januarie-April 2008

Johann Tempelhoff
The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa | Vol 5, No 2 | a140 | DOI: https://doi.org/10.4102/td.v5i2.140 | © 2009 Johann Tempelhoff | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 03 March 2016 | Published: 04 April 2009

About the author(s)

Johann Tempelhoff, Noordwes-Universiteit, Vanderbijlpark, South Africa

Full Text:

PDF (734KB)

Abstract

Aan die begin van 2008 was groot dele van Suid-Afrika geraak deur kragonderbrekings wat sporadies en oor ’n groot gebied vir 115 dae aan die orde was nadat die nasionale kragvoorsieningsinstansie, ESKOM, gebuk gegaan het onder wat, volgens die media, aan ongeëwenaarde kragverbruik toegeskryf is.

Die respons van verbruikers in alle samelewingsfere het gewissel van woede-uitbarstings tot ’n gelate aanvaarding van die toestand. Beskou vanuit die perspektief van die geskiedenis van mentaliteite, was die respons simptomaties van ’n kulturele reaksie wat daarop gedui het dat gewone mense van mening was dat ’n infrastrukturele diens, soos kragvoorsiening, mos nie net tot stilstand kan kom nie.

In die studie word gelet op die wyse waarop die kragonderbrekings van Januarie-April 2008 gekaats kan word teen die agtergrond van ’n andersoortige ervaring van herinneringe wat, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in ander wêrelddele, manifesteer. In wese kom dit daarop neer dat daar sprake is van ’n mentaliteitsgeskiedenis wat in die hede vasgevang is.


Keywords

Elektrisiteit; Eskom; Kragonderbrekings; Dienslewering

Metrics

Total abstract views: 1792
Total article views: 969


Crossref Citations

No related citations found.